Likkewaan (Water Monitor) Taking a Dive!!

in #nature4 years ago

Hey everyone, we took my precious little baby for a walk for fathers day around Wonderboom South Spruit yesterday, can you imagine the surpise to find these amazing Likkewaan (lizards/ water monitor) sunbathing, and then this happened.....

I also did a little more research on these BFL (Big F$$Cng Lizards) an interesting read here as per wikipedia.org:

Die likkewane (familie Varanidae) is waarskynlik 'n baie ou maar tog hoogs ontwikkelde familie van akkedisse. Hulle kan goed loop, swem en klim, en word slegs in die Ou Wêreld aangetref. Daar is 30 spesies, wat in lengte wissel van 20 cm tot 300 cm. Die grootste spesie is die Komododraak of Komodolikkewaan (Varanus komodoensis), wat soms selfs op wildevarke of takbokke jag maak. Volwasse likkewane het nie baie natuurlike vyande nie – arende en die mens is die vernaamstes.

Kliplikkewaan (Varanus albigularis) in die Krugerwildtuin. Die spesie hou in die veld en is nie waterlewend nie.
Die likkewaanfamilie (Varanidae) omvat 30 spesies, waarvan die lengte kan wissel tussen 20 cm en 300 cm (die Komododraak). Hoewel daar 'n groot verskeidenheid van lengtes bestaan, lyk die 30 spesies baie na mekaar. Alle likkewane het langwerpige lywe, smal koppe wat duidelik deur middel van 'n lang nek van die lyf geskei word, sterk, stewige pote en 'n lang, gespierde stert. Die sterk, gevaarlike kloue stel die dier in staat om rats en vinnig te beweeg en goed in bome of oor rotse te klouter. Die stert is dikwels sydelings afgeplat en word as ’n swemorgaan en wapen gebruik.

Die likkewaan se hele lyf is met skubbe bedek. Op die rug is die skubbe rond en nie oormekaar gerangskik nie. Die skubbe op die pens is meer vierkantig en lê in dwars rye. Likkewane is karnivore (vleisvretende diere) en hul gebit is goed aangepas by hierdie lewenswyse. Hulle het groot, skerp en spits tande waarmee die prooi doodgebyt en verskeur word. Die tande is egter nie geskik vir kou-doeleindes nie.

Die tong is lank en gevurk, kan ver uitgesteek word en weer heeltemal in die bek teruggetrek word soos by slange. Dit is nie net die tong van die likkewaan wat met dié van slange ooreenstem nie, maar ook die bou van die ruggraat en skedel toon ooreenkomste; die likkewaan en ander akkedisagtiges kan dus net soos slange hulle keel wyd ooprek, wat hulle in staat stel om relatief groot prooidiere in te sluk. Reference: https://af.wikipedia.org/wiki/Likkewaan

Nature the incredible, have an amazing week and be blessed.

Love and light.

Cheer$;)