Afrikaans

in #afrikaans5 years ago

Party oggende word ek vroeg wakker en dan speel Vroutjie nog in droomland. Vroutjie is mooi en sy lyk altyd so rustig wanneer sy slaap. Ek wil haar nie wakker maak nie, so dan kry ek my foon en lees die nuus in stilte. Netwerk24.

Sodra ek by die werk opdaag, is dit net Engels. Ek dink al tot in Engels by die werk.

Albei van ons werk tot laat, en dan praat ek eers weer Afrikaans tot en met slapenstyd. Het Afrikaans nou net 'n plekkie wanneer ek die oggendnuus lees en dan weer so kort rukkie in die aande? Afrikaans se tyd in my lewe het amper korter geword as M-Net se oopkyktyd van destyds.

Ek begin toe blog hier by Steem en ook in Engels.

Ag nee wat. Engels het genoeg lugtyd in my lewe. Van nou af gaan ek sommer net in Afrikaans blog.