You are viewing a single comment's thread from:

RE: Skoon Afrikaanse Humor

in #afrikaans5 years ago

Die seuntjie vra sy juffrou om hom te help om sy skoene aan te trek.
Juffrou probeer met 'n gedruk en getrek om die vellies aan die kind se voetjies te kry.

Teen die tyd wat sy by die tweede vellie kom, breek daar al 'n lagie sweet op haar voorkop uit en begin haar hare al slierte hang soos sy stoei om die vellies aan die kind se voetjies te kry.

Dis toe dat die bulletjie so tussen sy vier afwesige voortandjies sê,
"Juffwou, hierie eerthte vellie ith aan die verkeerde voet.”

Sy kyk en so wrintiewaar, die vellie ís aan die verkeerde voet. Die uittrek van die vellie van die verkeerde voet gee nóg ‘n hengse gespook af.

Die juffrou hou kop en begin maar weer om die vellie aan die régte voet aan te trek, steeds met 'n groot gesukkel. Amper klaar, kondig die mannetjie aan: "Juffrou hierie ith nie my vellieth nie.“

Sy ontplof byna, maar hou kop en sê kalm, "Hoekom het jy nie vroëer iets gesê nie?”

Die gestoei begin weer om die vellies uit te trek. Pas is die vellies uit of meneertjie sê weer: "Dith my boetie the vellieth. My ma het gesê ek moet dit vandag dra want myne is weg."

Die juffrou sluk droog, skraap al haar moed bymekaar en begin weer stoei om die vellies aan die voetjies te sit. Uiteindelik is hulle weer aan die mannetjie se voetjies.

Dis toe dat hy trek aan die juffrou se baadjie en vra verleë; "Juffwou, wat van my kouthe?"

Juffrou skree, "Nou waar is jou vervlakse kouse dan??!!”

Die knapie sê: "Dith voor in my vellieths."

Sort:  

Ek hou baie van werk, ek kan ure na dit kyk...
net nie maagwerk nie...