Vapers en stoomtreine

in #bierpens5 years ago

Sonja, raak kalm. Die inskrywing gaan nie oor rook nie. Dit gaan oor vape. Almal weet rook is sleg vir jou.

Ek sien deesdae al meer mense wat lyk soos die stoomtreine van ouds. Hulle loop nie op spore nie en maak nie tjoek-tjoek soos die outydse staal-en-stoom reuse nie, maar hulle stoom amper so erg soos 'n stoomtrein wat die Outeniekwaberge uitklim.

Party van hulle maak tjoek-tjoek ook noudat ek daaraan dink. Ek staan nou die dag buite die mall en wag vir my Uber, toe is daar 'n ou wat vape. Skielik hoes hy en hy vloek. Hy hoes so "tjoek-tjoek-tjoek" en toe sê hy vir sy tjomma, "Dry hit, bru," en toe maak hy keel skoon soos 'n trein wat gly op 'n nat spoor.
Sy bek-lokomotief se juice was blykbaar op, en toe brand hy die watte wat daar binne in is. Hy haal toe 'n botteltjie uit en vul sy mondjietrein weer op. Maak hom nat. Die botteltjie het so tuitpuntjie. 'n Stoomlokomotief het mos langs 'n watertenk gaan stop, en dan water volgemaak met 'n pyp, van bo af.

Wanneer 'n lokomotief krag gekort het, is daar kole gegooi. As die trein 'n afdraande gevang het, is daar minder kole gegooi en kleppe oop of toe gemaak en wat alles. Sy "bru" sê toe vir hom sy "wattage is too high". Hy stel toe aan sy lippiestrein, en toe suig hy soos 'n honger hanslam tietiebottel suig. Hy gooi stoomwolke. Dit ruik soos iets romerig, dalk koekies.

As 'n stoomtrein nie steenkool gehad het nie, dan staan hy. Hy gaan nêrens nie. As die bektreintjie waaraan die mense so suig se batterye pap is, dan is hy dood. Jy kan hom nie eers met 'n vuurhoutjie en laas week se koerant aan die stoom kry nie.

Die vapers het ook 'n taal van hulle eie. Juice, wattage, coil, cotton, 18650 batteries, direct to lung, mouth to lung, regulated mod, mechanical mod, DIY juice, vape scene, RBA, RDTA en nog 'n hele klomp ander goed ook, maar dit klink my alles is in Engels. Wat sal die Afrikaans vir dit wees? Stroop, kragverbruik, element, watte, batterye, fok die long direk op, eers op die tong dan in die long...?

Ek het al gehoor daar is mense wat die vape-toestel in "douche flute" noem. Wat sal dit in Afrikaans wees?

Doosfluit.

"Frikkie suig koekies en room uit sy doosfluit."

(Hierdie inskrywing het oorspronklik op my blog Bierpens.co.za verskyn by https://bierpens.co.za/vapers-en-stoomtreine/ )

Sort:  

Hi! I am a robot. I just upvoted you! I found similar content that readers might be interested in:
https://bierpens.co.za/vapers-en-stoomtreine/

Congratulations @bierpens! You have completed the following achievement on the Steem blockchain and have been rewarded with new badge(s) :

You received more than 100 upvotes. Your next target is to reach 250 upvotes.

You can view your badges on your Steem Board and compare to others on the Steem Ranking
If you no longer want to receive notifications, reply to this comment with the word STOP

Do not miss the last post from @steemitboard:

The Steem blockchain survived its first virus plague!
Vote for @Steemitboard as a witness to get one more award and increased upvotes!

Congratulations @bierpens! You have completed the following achievement on the Hive blockchain and have been rewarded with new badge(s) :

You got more than 10 replies.
Your next target is to reach 50 replies.

You can view your badges on your board and compare yourself to others in the Ranking
If you no longer want to receive notifications, reply to this comment with the word STOP

Support the HiveBuzz project. Vote for our proposal!