'n Vriend se Nuwe Woefenjannie

in #duits6 years ago (edited)

image

Goed, so hierdie is nog 'n toetspossie. Gots, ek hoop mens kan dit later afvee, als hardloop mos op blockchain hier. (Wat is die Afrikaans vir blockchain?) Ek is nou in die bui vir tjol skryf terwyl ek eSteem toets, so ja. En my duim is flenters getik, so dit knor maar om nou geskryf te kry.

Elk geval, 'n vriend van my, Gerrie Merrick, se getroue Duitse herdershond Hitler is 'n tydjie gelede oorlede aan kanker (waarvoor ons lankal 'n kuur sou gehad het as geloofsgefoktes nie danksy hul breinsiekte wetenskaplikes vir 500 jaar lank verbrand het nie), en toe kry hy weer een van daardie ras. Maar dit lyk nogals na 'n klein stoutgat. Het nou 'n foto van die nuwe knapie opgelaai, maar dit wys nêrens. Leer ken mos nog die app, dalk wys dit as ek publish. Kan nou om die dood nie die nuwe hond se naam onthou nie, dink dit begin met 'n K?

En hier is die knapie met sy pelsie wat mooi blink. Eerlikwaar, ek dink nie ek het al 'n hond gesien wat stout lyk in elke foto, totdat ek hierdie hond s'n gesien het nie. 😀 Dit moet groot pret wees om hom te sien grootword.

image

Sort:  

Search and Rescue dog training begin as games played while puppies.

Gerrie moet sy skoene mooi wegsteek vir hierdie knapie. O jinne, ek kan sien hy is baie lewendig.

Jip, en jy moet die ander fotos van daai hond sien. Vreeslik oulik. Ek leer ken SteemIt nog, sal dit een of ander tyd oplaai.