Die "fotograaf"

in #fotograaf5 years ago

fotograaf.jpg
Nee, Oom Bossie, ontspan. Ek praat nie van jou seun Dwayne wat ‘n papier het om te bewys hy is ‘n fotograaf en wat ‘n toekenning gekry het vir sy foto van die bosakkedisse wat paar nie. “Fotograaf” in aanhalingstekens. Sien?

Ek praat van die volgende “fotograwe”:

Hy of sy gaan na Makro of Game of een van daai plekke toe en koop ‘n kamera. Gewoonlik ‘n combo, soos ribs met chicken wings, maar net ‘n kamera met ‘n lens en ‘n kamerasak. Betaal met plastiek, gaan huis toe, frons, kyk ‘n YouTube video en dan rol hy (of sy).

Strike ‘n pose, voete lekker uitmekaar, gooi die lyf skuins, kamera stewig vas, en druk die knoppie. Neem ‘n foto van die hond en die posbus in die voortuin. Speel met die kamera se settings, en dan is ons ‘n fotograaf.

Die advanced gedeelte kom dan. Software van die internet af, en ons edit. Nou is ons reg. Tannie Tossie se kleinkind gaan trou. Nee moenie so baie vir ‘n fotograaf betaal nie, ek het dit. Lekker kleiner fooi, koop eerder nog drank vir die gaste.

Daar gaan ons. Troufoto’s. Nou maak ons geld want ons het alles met die plastiek gekoop en die bank druk. Die foto’s lyk vrot, maar al die vriende en vriendinne sê dit lyk goed. Tannie Tossie se kleinkind huil, want sy kan sien die foto’s is sleg geneem. Moenie stres nie, maak die software oop, sit blommetjies en wolkies en stront by die foto’s, maak ‘n paar foto’s wit-en-swart, blameer die lig in die sitkamer waar die groot foto hang en alles is reg.

Die ongelukkigheid eindig dan eers wanneer Tannie Tossie se kleinkind skei, en sy later weer trou en ordentlike foto’s laat neem.

(Ja, ek weet, ek moet ophou om my taal so te meng. Dit is in elk geval meer moeite om sterretjies voor en na die Engelse woorde te tik om hulle in kursief te kry, as om eenvoudig die korrekte Afrikaanse woord te gebruik. (Kombinasie - hoendervlerkies - ribbetjies - houding - verstellings - sagteware - redigeer - gevorderde)

Sort:  

Hi! I am a robot. I just upvoted you! I found similar content that readers might be interested in:
https://bierpens.co.za/die-fotograaf/

Ja blikbrein, bierpens.co.za is my blog. Geluk, jy het my blog gevind. Jy wen 'n gekoude toffie.

Congratulations @bierpens! You have completed the following achievement on the Steem blockchain and have been rewarded with new badge(s) :

You got a First Reply
You received more than 10 upvotes. Your next target is to reach 50 upvotes.
You made more than 50 upvotes. Your next target is to reach 100 upvotes.

You can view your badges on your Steem Board and compare to others on the Steem Ranking
If you no longer want to receive notifications, reply to this comment with the word STOP

Vote for @Steemitboard as a witness to get one more award and increased upvotes!

Ja en? Nog 'n robot lyk dit my. Gaan speel met 'n magneet naby jou hardeskyf.