melktert

in #melktert6 years ago

Ons het die melktertvulsel in klein fillodeegdoppies gebak.

Ons het die doppies eers gebak voordat ons dit gevul het en toe weer vir sowat 15 minute gebak.

Genoeg vir: 1 melktert (8-10 porsies)

Bereidingstyd: 30 minute

Oondtemperatuur: 180 °C

Baktyd: 15 minute vir die kors en 20 minute vir die voltooide tert

• 800 g skilferkorsdeeg

• 1 eier (geklits saam met 10 ml melk vir verglansing)

Melkvulsel

• 600 ml melk (of, indien verkies, 400 ml melk en 200 ml room)

• 1 kaneelstokkie

• 60 ml koekmeel

• 60 ml suiker

• 30 g botter

• 2 eiers

• 5 ml vanieljegeursel

• 60 ml suiker gemeng met 7,5 ml kaneel

1 Rol skilferkorsdeeg oop en sny ’n sirkel groot genoeg om ’n tertbord uit te voer. Bedek en sit in die yskas as jy dit nie onmiddellik gaan gebruik nie.

2 Prik die bodem van die tert met ’n vurk en verf die rand met die eierglaseersel. Bak die kors blind vir sowat 15 minute. Verwyder die boontjies en papier en plaas terug in die oond vir sowat 5 minute sodat die bodem ook kan deurbak.

3 Sit die kaneelstokkie in die melk (of melk en room), en verhit dit tot net onder kookpunt om die melk te geur. Vir optimale geur kan jy die kaneelstokkie stukkend breek voordat jy dit saam met die melk verhit.

4 Verwyder die kaneelstokkie. Meng die kokende warm melk by die meel en suiker terwyl jy dit met ’n draadklitser klop. Gooi dit terug in die uitgespoelde kastrol en laat dit vir 5 minute oor matige hitte kook terwyl jy dit aanhoudend roer. Haal van die plaat af en roer die botter by. Laat dit eenkant staan om bietjie af te koel en voeg dan die eiers een-een by terwyl jy dit ná elke byvoeging deeglik klop. Voeg die vanieljegeursel by.

5 Skep die melkvulsel in die blindgebakte tertdop en sit dit terug in die oond teen 180 °C vir 20 minute of totdat dit ligbruin verkleur en gestol het. Sprinkel kaneelsuiker oor sodra dit uit die oond kom. Sit die melktert louwarm voor.