Die 2020 Beirut ontploffing en die Suid-Afrikaanse konneksie

In 2013 het 'n vragskip, die MV Rhosus, die hawe van Batumi van die Republiek van Georgië verlaat, met vier bemanningslede. In die hawestad Beirut, in pragtige Lebanon met sy ryk geskiedenis en ongelooflike natuurskoon en stokou geboue van rammed earth, val die skip vas toe dit nog vrag wou oplaai. Dit sou die skip se ladingsvermoë oorskry het, toe sê die bemanning aikôna.

Lebanese hawe owerhede bevind toe boonop die skip is nie eens seewaardig nie. Die Russiese eienaar sien hier kom 'n moerse boete, en verklaar die skeepsmaatskappy bankrot. Die skip en vrag word verbeurd verklaar aan Lebanon, en die bemanning bly sit sonder salaris vir 11 maande op die skip as gyselaars.

Omdat die skip as 'n "rust bucket" beskryf is, word die vrag afgelaai en in stoor no. 12 geberg. Die vrag: 2750 ton ammonium nitraat. Dit word in landbou gebruik, maar ook in plofstowwe. Bomme, landmyne, ens. Die bomplanter Timothy McVeigh het juis dit in sy massiewe bom in 1995 in Oklahoma gebruik, en terroriste in Suid-Afrika tydens apartheid het dit ook gereeld ingespan. Dié betrokke vrag was juis bedoel vir 'n bomfabriek... (Byt vas vir die twist teen die einde tot reg daar in 'n Wimpy restaurant.)

Vir ses jaar lê die gevaarlike vrag toe in die skuur in Beirut se hawe, en weens pure onbevoegdheid word niks daaraan gedoen nie, al het honderde emails heen en weer gevlieg. Laat my skoon voel asof ek oor Suid-Afrika skryf.

Lebanon was vanaf 1975 tot 1990 in 'n moerse burgeroorlog, puur en alleenlik weens die breinsiekte godsnot. Christene en Moslems het 'n bietjie baklei, sien, oor wie se hallusinasies van 'n gemorsgod die beste is. Ek reken dus dit is redelik om aan te neem dat elke Lebanees sou geweet het hoe gevaarlik ammonium nitraat is. Maar die spul begin mos Allahu agkaksebar sê sodra iets plofliks plaasvind, en dan skakel hul breinselle af.

Elk geval, een of ander swaap besluit toe in 2020, kom ons stoor 15 ton se vuurwerke in dieselfde skuur waar die ammonium nitraat toe reeds 'n handvol jare lê en gis. En sommer 'n klomp lekker vlambare bande ook in daardie hoek daar, Abdul. O, en daardie besending hydrochloride acid, bring dit ook sommer hier in. So gerook gedink, so onnooslik gedoen, want dis hoe geloofsgefoktes se logika mos werk. What can go wrong, ou Vuilbaard sal ons mos beskerm.

Met so 'n klomp fireworks kan mens sommer baie jare lank baie groot Nuwejaarsdag partytjies hou. Daar lê die spulletjie toe so 'n maand of ses almal lekker saam onder dieselfde warm dak in 2020, in 'n stoor sonder enige brandbestryding stelsels, en geen rookalarms, en met elektriese bedrading wat sommer so los uit die dak hang. Ek reken enige Hollywood film regisseur wat dié klomp rooi vlae so blatant in 'n fliek vertoon gaan deur geen fliekganger geglo word nie, maar die werklikheid is soms vreemder as fiksie.

Intussen het dié skuur no. 12, saam met al die ander in die hawe, lekker verval. So beland daar toe 'n gat in die sink muur. Dalk 'n vurkhyser wat dit getref het, of deur 'n skelm gemaak wat potensiële buit wou gaan bespied.

Op 4 Augustus 2020 besluit een of ander bright spark in die hawe, kom ons gaan sweis daardie gat toe. Moet mos darem onderhoud doen, a nee a, netnou dink die mense ons is swart goewerment Suid-Afrikaners. En laatmiddag is daar toe 'n spannetjie, en hulle sweis dat mens net vonke sien spat.

Om 17h40 kry die brandweer 'n oproep van 'n brand binne die skuur, en dis vuurwerke wat bietjie jolyt hou, sê die stem op die foon. Alte plesierig daarbinne, soos vanaf woonstelgeboue 'n kilometer weg gesien kon word. Die brandweer jaag soontoe. Ook maar jonk en jeukerig en gepla met haar foon tydens werksure is 'n fraai 25-jarige brandweerwyfie, Sahar Fares, net daar op haar selfoon op die toneel besig om haar verloofde te video call. En toe ontplof die vuurwerke binne die skuur almal mooi tesame.

Soos te verwagte, tref een so 'n fireworks vuurpyl toe een van die groot sakke waarin die ammonium nitraat lê. Die verloofde skree nog vir sy wyfie om te hardloop, toe die horlosie 18h08 slaan en die ammonium nitraat die tweede, massiewe ontploffing van 'n duisend keer groter veroorsaak. Lesers het almal die video footage van dit destyds op TV gesien, maar mens moet die statistieke sien om die omvang te snap.

En natuurlik is die fraai vroutjie toe hemel toe om een van 72 maagde vir 'n jagse bokwagter te gaan word. Hoewel die gelukkige zombie baie gom en 'n voorliefde vir legkaart bou gaan nodig hê om sy hemelse bruidjie aanmekaar te sit.

Hier is van die stats:

  • 218 mense is wreedaardig dood.
  • 6500 mense was ernstig beseer, waarvan party op parkeerterreine behandel moes word omdat minstens 3 hospitale heeltemal verwoes was. Talle van die beseerdes het hul oë verloor weens glasskerwe, party strate se teeroppervlak kon nie gesien word nie, so dik het die glas gelê. Juis omdat hulle na die eerste ontploffing na buite of op hul balkonne gestorm het om te sien wat gebeur, en toe tref die tweede, veel groter ontploffing hulle.
  • 'n Verstommende 70 000 huise en geboue moertoe, binne een minuut.
  • 300 000 mense was onmiddellik haweloos, boonop in die pikdonkerte omdat die ontploffing die hele stad met sy 2.2 miljoen inwoners se elektrisiteitsnetwerk verwoes het.
  • Die ontploffing was een tiende van die krag van die Hiroshima kernbom, en is 200 kilometer verder in Cyprus gevoel. Dit het 4.3 op die Richterskaal geregistreer.
  • Groot skepe in die hawe het deur die lug gevlieg en op droë land beland, en 'n groot vyfster passasierskip het net daar op sy sy gekantel en gesink, saam met 'n paar ander kleineres ook.
  • Die skade aan geboue is op 15 biljoen Amerikaanse dollars geraam. Die Lebanese pond is so moertoe dat mens nie daarmee kan sommetjies maak nie, teen die tyd wat mens die skade aan 'n kerk beraam het staan die gewettigde bedrieër al 'n derde keer nader vir kollekte opneem.

En wat toe verder, nadat almal 'n dag of twee later tot verhaal begin kom het? Betogings, en ses dae later moes die regering bedank. 'n Regter, Vathomflaffie ag ek bedoel Fadi Sawan, is aangestel om 'n kommissie van ondersoek te lei. Hy laat kla toe drie parlementslede aan, onder andere. Maar pure skelm politici dank hulle toe die regter net daar af. Kostelik. Ek wed hy het dit nie sien kom nie. Kommissie ontbind. Nog betogings. Kommissie weer aan die gang. Maar steeds geen van die grootkoppe verantwoordelik vir die tragedie tronk toe nie. Ek dink een van daardie politici se vroue is 'n afgetrede Moslem prostituut genaamd Fatima Moegenai.

Intussen het die Amerikaanse FBI ook betrokke geraak. 'n 43-jarige Portugees, Jorge Moreira, word in 2022 vasgetrap in Spanje, hy het as verteenwoordiger vir die koper die bestelling geplaas. Seker toe lekker spyt hy het nie maar by 'n vis en chips winkel gehou nie. Van die hawebestuur se personeel word ook in hegtenis geneem, terwyl hulle die einste mense was wat herhaaldelik vir jare lank versoeke gerig het aan die regering om iets omtrent die gevaarlike vrag te doen. Maar die werklike skuldiges, ondanks 'n massiewe voorkombare ramp, loop steeds skotvry rond.

Nou vir die twist. Die besending ammonium nitraat was bestem vir 'n bomfabriek in Beira, Mosambiek. Suid-Afrika se buurland. Al die pad vanaf Moedertjie Rusland. Waarom sou daar bomme en plofstowwe gebou word in Mosambiek? Natuurlik om die geloofsgefokte Moslems wat in die noorde van die land 'n kalifaat wil vestig na Snertsprokiesland te bom. So sou mens dink, en dit sal halfpad akkuraat wees ook, geloof veroorsaak mos oral konflik.

Die ander helfte egter: Die Suid-Afrikaanse polisie het tussen 2014 en 2020 verskeie kere beslag gelê het op groot hoeveelhede plofstowwe vanaf Mosambiek, juis in daardie fabriek vervaardig. Die plofstowwe was volgens die SA regering - wat uiteraard die erns sou probeer onderspeel weens wie betrokke is - glo bedoel om OTM's op te blaas. As mens egter kyk na die hoeveelhede waarop beslag gelê is, en hoeveel besendings bomme en plofstowwe dit waarskynlik wel tot in SA gemaak het en êrens lê en wag, moet mens wonder wat die werklike doel daarvan is, om wat mee te maak, en wie vir dit betaal.

Die finale twist: Die Rus wat die skeepsmaatskappy besit en/of die betrokke skip gehuur het, Igor Grechushkin, het 'n verstommende 70 shell companies gebruik in sy dealings and wheelings om mense van die spoor af te gooi. Selfs finale eiendomsreg van die skip is moeilik om te bepaal. Dit was daarom nogals moeilik om deur alles te werk om by hom uit te kom. Ek kon uitvind dat hy in die 1980s twee familielede gehad het wat tydens die Bosoorlog in Angola gesneuwel het (hulle was instrukteurs vir Kubaanse soldate; een moontlik sy pa), en dat hy daarom geen ooghare vir enige Afrikaner het nie.

Dit verbaas my daarom steeds dat so baie regse, onkundige Afrikaners dink Putin is wonderlik en Amerika is sleg. Liewe boerbaarse kindjies-klein, die Russe wil julle steeds dood hê.

Sort:  

Congratulations @remilgresenbach! You have completed the following achievement on the Hive blockchain And have been rewarded with New badge(s)

You published more than 30 posts.
Your next target is to reach 40 posts.

You can view your badges on your board and compare yourself to others in the Ranking
If you no longer want to receive notifications, reply to this comment with the word STOP

To support your work, I also upvoted your post!