Die lewe en afsterwe van Suna Venter herinner baie aan die van Stieg Larsson, die bekende joernalis en skrywer van Swede. Beide hierdie joernaliste het hul werk gedoen teen die agtergrond van hul sterk morele waarde sisteem wat nie buigsaam was of gekompromiteer kon word nie. Dit was 'n waarde sisteem wat hul gelei het in hul werk en hul gedryf het tot die einde van hul lewens.
Hierdie sterk lewens uitkyk, het vir die twee joernaliste baie probleme veroorsaak en groot druk op hulle geplaas; dit het hulle in aanraking gebring met groepe in hul onderskeie gemeenskappe wat net so onbuigsaam en onversetlik is. Dit het meegebring dat iets moes ingee en by beide van hierdie twee uitstaande mense het hul harte ingegee.
Dit is moeilik om te dink dat enige persoon wat deur geweldadige persoonlike aanvalle gekonfronteer word, dit kan deurstaan en nie sal retireer of die aftog blaas nie. Beide Suna Venter en Stieg Larsson kon nie terugstaan nie en het gevolglik opgegaan in 'n offer teenoor en vir iets groter as hulself.
Miskien is dit moeilik om nou die waarde van sulke offers te sien, maar dat hul lewens waardevol was is sonder twyfel. Die joernalis Lewis Lapham het al opgemerk dat "Meer as siekte of die dood, vrees die joernalis om alleen te staan teenoor die wispelturigheid van hul werkgewers of die vooroordeel van hul gehoor". Van Suna Venter en Stieg Larsson kan dit beslis nie gese word nie.
Omar Fourie, Orania, 7 July 2017

Original Volksblad newspaper publication (11 July 2017): See image below and website:
https://www.pressreader.com/south-africa/volksblad/20170711/282084866840793
STERK WAARDESTELSEL DRYF SUNA NA DOOD
Hi! I am a robot. I just upvoted you! I found similar content that readers might be interested in:
https://www.netwerk24.com/Stemme/MyStem/sterk-waardestelsel-dryf-suna-na-dood-20170710
yes right