Praat jy ook Afrikaans? Ek wens almal kon my ken in my eie taal. As ek Engels praat, is ek iemand anders.

in #life6 years ago

Ek kom uit Suid-Afrika en ek praat Afrikaans. In/op Engels is ek iemand anders. Ek dink aan my sinskonstruksie en wonder of ek 'n beter sinoniem kon gebruik. Ek hou skool in Kanada en die kinders lag oor my aksent. (O, hulle maak my soms kwaad.)
download.png
As die tieners in my klas my kwaad maak, gooi ek hulle met 'n goeie 5 minute van vlot vinnige Afrikaans. Soos: "Julle weet dit nie, maar ek het gister beet en wortels gesaai, nes my ouma Olga, in my kleintyd in Krugersdorp. Julle weet ook nie dat ek aan die einde van 'n lang dag se Engels praat, my grammatika verkeerd kry nie. Ek is nie ek in Engels nie want ek ken minder woorde en ek voel soos 'n "fake". Die kinders staar na my -- in stilte ( wat wonderlik is in 'n skool vol tieners: stilte). "Leer ons iets in juffrou se taal," vra hulle. "Lekker," antwoord ek en ek rol my "r" ekstra lank. En "karnallie". Dis wat mens 'n stoute Graad 8 seuntjie noem.

Sort:  

En ek kan gou "rooi ribbok ramme" ook ingooi, net omdat kinders in Kanada nie hulle "r" kan rol nie. LEKKER.

Congratulations @audrey25! You have completed some achievement on Steemit and have been rewarded with new badge(s) :

Award for the number of comments

Click on the badge to view your Board of Honor.
If you no longer want to receive notifications, reply to this comment with the word STOP

To support your work, I also upvoted your post!

Do not miss the last post from @steemitboard!


Participate in the SteemitBoard World Cup Contest!
Collect World Cup badges and win free SBD
Support the Gold Sponsors of the contest: @good-karma and @lukestokes


Do you like SteemitBoard's project? Then Vote for its witness and get one more award!

Thanks for the award.

Sumer material interesting presented I recommend

Is dit moeilik vir Afrikaners om werk te kry in Kanada?

Ja dis moeilik. Maar dis moontlik. Dit kort baie uithou en aanhou en baie baie papierwerk -- soos in alle lande wat immigrante neem. Begin net iewers aansoek doen, voor jy werk soek. Kyk of jy genoeg "punte" het om in Kanada as "landed immigrant" te kan begin.